🥘 2025 POTJIEKOS KOMPETISIE 🥘
Doringbos Venues wil jou WEN RESEP proe!
EERSTE PRYS: R25 000!
INSKRYWINGS: R1 500
'n PAAR REËLS EN REGULASIES
Algemene reëls
- Span grootte: Elke span bestaan uit 2 spanlede.
  Familie & vriende word aangemoedig om die dag saam te kom geniet, maar slegs die spanlede mag fisies betrokke wees by die opslaan van die stalletjie en die voorbereiding van die potjie. - Registrasie: Spanne moet voor/op die afsnydatum registreer en die nodige registrasiefooie is vooraf betaalbaar.
  Sodra betaling ontvang is en registrasie gefinaliseer is, sal die span ‘n staanplek nommer ontvang.
  Die staanplekarea vir die opslaan van gazebo’s en/of sambrele is ongeveer 4×4 meter. - Eie toerusting: Spanne moet hulle eie toerusting bring.
  Dit sluit in: die “cast iron” potjie, gazebo/sambreel, opslaantafel, tafeldoeke, eetgerei, bestanddele, geurmiddels ens. - Kragbron: Elke span sal verantwoordelik wees om hulle eie gas & gasplaat/gasstofie te bring, of hulle eie braaistaander met charcoal.
  Daar mag geen vure op die grond gemaak word nie – slegs in die span se braaier of potjiestaander.
Kookreëls
- Tradisionele kooktegniek: Die potjie moet gemaak word in ‘n “cast iron” potjie.
  U kan enige pot van u keuse maak (bv. hoender, bees, lam, ens.) - Kook- & voorbereidingstyd:
  Hekke open om 08:00
  Beoordeling (proe van potte) begin stiptelik om 14:00 - Geen voorafgekookte kos: Alle bestanddele (behalwe gemarineerde vleis) moet rou wees voor die kompetisie begin.
  Geen groente ens. mag vooraf gekook word nie. - Gesondheid & higiëne:
  Spanne moet voldoen aan basiese higiëniese standaarde (bv. skoon werksoppervlakke).
  Spanne moet ‘n 20-liter emmer met water hê (vir ingeval daar ’n brand uitbreek). - Potjie tema:
  Die stalletjie moet ‘n tema hê om kreatiwiteit op te kikker.
  Dit kan ook sorg vir ekstra punte by die beoordelaars. - Alkoholgebruik: Daar sal ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.
Beoordelingskriteria
- Smaak – algehele geur, gebruik van geurmiddels en balans van die dis.
• Aanbieding – visuele aantrekkingskrag en opdis van gereg.
• Oorspronklikheid/kreatiwiteit – unieke bestanddele, style, of resepkinkels.
• Tekstuur & kook – behoorlik gaar vleis en groente, nie oorgaar of rou nie.
• Spangees & netheid – spanwerk, netheid van die kookarea, aanbieding vir die beoordelaars.
• Potjiestaanplek – die hele staanplek word beoordeel vir kreatiwiteit, higiëne, spangees, ens.
• Veiligheid – elke stalletjie moet ‘n 20-liter emmer met water hê (vir ingeval daar ‘n klein brand ontstaan).
Bedienings- & beoordelingsproses
- Spanne bedien aan beoordelaars op ‘n bepaalde tyd.
  (Beoordeling van die pot begin stiptelik om 14:00).
  Kreatiwiteit, spangees en staanplekke sal deurlopend dopgehou en beoordeel word. - Disse word ook ná die beoordeling aan die publiek bedien.
  ‘n Pot moet ten minste vir 6 mense kos gee.
  Plastiek eetgerei sal hiervoor voorsien word. - Beoordelaars se besluite is finaal en bindend.
- Prysuitdeling sal om 16:00 plaasvind.
  Spanne moet fisies teenwoordig wees om ‘n prys te ontvang.
Addisionele voorstelle
- Versier jou kookstasie:
  Spanne word aangemoedig om “op te dress” en hulle stalletjie te versier.
  Punte word gegee vir kreatiwiteit en spangees. - Gee jou potjie/span ‘n naam:
  Spanne wat nie in besigheidspanne deelneem nie, word aangemoedig om hulle potjie/span ‘n naam te gee vir bietjie ekstra pret (en punte).
Bewys van Betaling
- Stuur asseblief bewys van betaling na doringbos@r64.co.za en gebruik jou Span Naam of Besigheid Naam as verwysing
SKRYF IN!
Bankbesonderhede
Doringbos
Standard bank
Tak: 051001
Tjekrek: 10140032574
doringbos@r64.co.za
